The Cape Bird Club

n Krisis by die Uilkraals Rivier deur  Pieter le Roux.

n Paar kilometer anderkant Gansbaai gaan die teerpad by Uilenkraalsmond met n betonbrug oor die Uilkraalsrivier. Regs van die brug maak die rivier sy laaste kronkel na die see. Na links, stroomop, l n uitgestrekte, peervormige strandmeer.


photograph by Pieter le Roux

Die uitsig van die brug, binne land toe in die laat 1990's.

n Navorsingsveslag van n klompie jare gelede het bepaal dat daar uit 178 Suid-Afrikaanse riviermondings slegs 13 is wat meer vols as die Uilkraals onderhou. Uit n bewaringsoogpunt is die Uilkraals se monding (wat die strandmeer insluit) as die 25-ste belangrikste in die land gereken.

Volgens n latere volkundige verslag van 1996 deur K.N Barnes is minstens 36 watervolspesies al by die Uilkraals se monding geidentifiseer. Die verslag het ook uitgewys dat 5% of meer van die Suidwes-Kaap se bevolkings van die volgende spesies daar voorkom:

  • Groenpootruiter (7.2%) (Common Greenshank)
  • Kleinwulp (6%) (Common Whimbrel)
  • Bontkiewiet (5%) (Blacksmith Lapwing)
  • Geelbeksterretjie (6%) (Swift Tern)
  • Reuse Sterretjie (6.8%) (Caspian Tern)

Dit verbaas n mens nie dat Barnes bevind het dat the Uilkraals River estuary is undoubtedly an area of regional, if not national importance for birds.

Die ekologiese gesondheid van die Uilkraals se strandmeer en die voeding wat dit aan n menigte lewende organismes en vols bied, is afhanklik van die gereelde invloei van seewater met hooggety en die vermenging daarvan met varswater wat standhoudend vanaf die binneland seewaarts stroom. Veral wanneer die gety terugtrek en die strandmeer se sandbanke met laagwater ontbloot word, soek en vind n menigte waadvols daar kos.

Maar daar het onverwags ernstige probleme in die paradys ontstaan! In Januarie 2009 het die Uilkraals se monding vir die eerste keer in menseheugenis toegespoel vanaf die seekant, waarskynlik vanwe n afname in somervloei en verminderde waterdruk uit die rivier se opvanggebied. Die strandmeer het opmerklik gekwyn en groot getalle vols het voortydig vertrek. Eers teen Julie 2009 het wintervloei uit die binneland weer die mond oopgeforseer.


photograph by Pieter le Roux

Die uitsig van die rivier mond op die strand in 2010.

Die volgende somer het die mond vir die tweede keer toegespoel. Die impak op die vollewe was weer opsigtelik en dramaties. Teen Maart 2010 was die eens lewende strandmeer n grootliks verlate en meerendeels dro stuk sand. Nuwe wintervloei uit die binneland mag dalk weer tydelike normaliteit bring.

Daar is grondige redes om te vermoed dat hierdie ekologiese ramp die gevolg is van onlangse menslike inmenging in die vorm van opdamming en/of onttrekking van somerwater stroomop in die opvanggebied van die Uilkraals en sy takrivier die Boesmansrivier. Totdat die spesifieke oorsaak of oorsake behoorlik ondersoek en deur die verantwoordelike owerheidsinstansies aangespreek is, sal daar noodwendig n donker wolk oor die gesonde voortbestaan van die strandmeer en sy volbevolking hang.

Die krisis by die strandmeer is reeds onder die aandag gebring van CapeNature, wat positief gereageer het deur n firma van omgewingskonsultante (Anchor Environmental) aan te stel sodat n bestuursplanplan vir die strandmeer ontwikkel kan word. Die resultaat van hierdie aksie word angstig afgewag. Dit sal bepaal of daar n toekoms sal wees vir die Uilkraals se strandmeer as n standhoudende volhabitat.

                                                                                                                                                

Top of page  Back  Home