|
The Cape Bird Club
Paarl
Voelreservaat by Abraham Retief
Aanplant van bome.
Die plantegroei van die Paarl Voelreservaat
bestaan hoofsaaklik uit uitheemse bome soos Port jackson Black Wattle en
Bloekoms en 'n wye verskeidenheid van indringer plante en onkruide- nie juis
baie aantreklik vir voels nie.

Die uitplant van 'n paar wilge
bome.
Die aangroei is bewyslik.
Vroeg in 2007 het ek besluit om iets aan die saak
te doen deur inheemse bome en struike aan te plant wat voels sal lok. Nadat die
toestemming van die bestuurder verkry is, is met die aanplantingsprogram begin.
Die hele projek het eintlik uit drie dele bestaan;
Opruim van die terrein
Die plekke waar ek aanplantings wou doen was oortrek met 'n digte stand van
indringer struike klein Port Jackson boompies en ook groot Port Jackson bome wat
in 'n brand dood is. Die groot dooie bome is afgesag en verwyder. Kleiner
boompies en struike is afgeknip en verwyder of met ontkruiddoder bespruit.
Aanplant van bome
Dit het behels die maak van gate om die bome en struike in te plant, die
aankoop en plant van die bome en struike en die aanbring van stutpale om die
groter bome te stut.
Instandhouding
Mens is genieg om te dink dat as die bome eers geplant is die ergste agter die
rug. Dit is hoegenaamd nie die geval nie. Die aanplantings moet gereeld
natgegooi word en uitloper sytakkies aan die bome afgesnoei word. Daarbenewens
moet die terrein gereeld met ontkruiddoder bespruit word ten einde heropkoms van
onkruide te beheer. die bome wat aangeplant is, kan in twee groepe verdeel word,
naamlik;
- bome wat sal ontwikel tot groot bome wat
hoofsaaklik skuiling aan voels sal bied en plek om hulle neste te maak.
- bome en struike wat vruggies dra, nektar
produseer of insekte lok en op die wyse voels lok.
Tot dusver is die volgende bome en groot struike
aangeplant. Ons hoop dat waneer die bome groot is, dit 'n groter aantal en
verskeidenheid van voels na die reservaat sal lok.
| Botaniese
naam |
Gewone
Naam |
Aantal |
| Acacia xanthophloea |
Koorsboom |
13 |
| Salix mucronata |
Kaapse wilgers |
17 |
| Salix mastsudana tortuosa |
Skroefwilg |
2 |
| Celtis africana |
Witstinkhout |
4 |
| Dovyalis caffra |
Kei Appel |
3 |
| Ekebergia capensis |
Essenhout |
3 |
| Harpephyllum caffrum |
Wildepruim |
3 |
| Olea europea |
Olienhout |
5 |
| Podocarpus latifolius |
Geelhout |
5 |
| Searsia crenata |
Duienekraaibessie |
15 |
| Searsia pendulina |
Witkaree |
4 |
| Strelittzia nicolai |
Natalse Wildepiesang |
14 |
| Syzigium cordatum |
Waterbessie |
8 |
| Trichilia emetica |
Rooi esenhout |
3 |
|
– |
Totaal |
99 |
|